Die nugtere mistiek van Andrew Murray

2015-12-03T12:46:11+00:003 Dec 2015|Categories: Artikels|

Teologiese en sosio-politieke ontwikkelinge het in Suid-Afrika daartoe bygedra dat ’n bevindelike tradisie van veral die 19de-eeuse Afrikaanse kerklikelewe op die agtergrond verdwyn het. Hierdie ireniese en transformatiewe tradisie is toenemend in die 20ste eeu verdring deur ’n kille intellektualisme en ’n dorre leersuiwerheid.